SKAAPBRAAI
Ons is dankbaar vir die geweldige positiewe reaksie wat van die gemeente ontvang is en daarom gaan ons voort met die funksie.
Die spyskaart bestaan uit: Skaapvleis (op die spit gebraai); bykos en slaai en nagereg! ; dit alles vir net R65 vir almal bo 12 en R30 vir 2 – 12jaar.
U moet asb. u eie eetgerei en drinkgoed saam bring. Tee en koffie is gratis. Daar is ook geleentheid om u ete saam te neem huis toe.
Die Diakonie wil graag sy dank en waardering uitspreek teenoor die wat reeds skenkings gemaak het. U ondersteuning word waardeer aangesien die fondse vir BARMHARTIGHEIDSDIENS aangewend sal word.
