Posted by Admin

GRIEKSE AAND
Jy weet mos nou alles. Van die Griekse aand, van Yoti, die kos, die borde, die tyd, die plek, die kostes.
Jy weet ook dat daar net plek vir 120 mense is.
Nou wil ons weet:

  • Het jy al jou plek by Nienke bespreek?
    Tel: 083 398 9080.
  • Het jy jou R175 per persoon opsy gesit? Of
    het jy dit dalk alreeds inbetaal?
  • Jy mag gaste saambring, maar onthou – slegs die eerste 120 mense kry plek.
  • Maar ons het goeie nuus ook. Kinders onder 12 jaar betaal net R75!
  • Onthou, hierdie is ons eenmalige jaarlikse fondsinsameling.
    ‘n Vinnige herinnering:
    18 Mei
    17:30
    kerksaal
    heerlike driegang maaltyd
    vertoning, pret en plesier
    ‘n bord om jou frustrasies op uit te haal