Posted by Admin

Volgende Saterdag, 18 Januarie, word ons nuwe predikant, ds. Gerben Meijer bevestig en ontvang ons hom en sy gesin op feestelike wyse in ons gemeente.

Die erediens begin om 16:00 waarna die gesin, ds. Gerben, sy vrou Anne en hulle twee kindertjies Mats (2) en Juliëtte 10 maande, amptelike in die kerk verwelkom sal word. Daarna gaan ons heerlik saam kuier in die saal met ‘n glasie wyn en verversings. 

ALMAL WORD HARLIK UITGENOOI DIE FEESTELIKE GELEENTHEID SAAM TE KOM VIER en moet asseblief die skeurstrokie Sondag by die kerk indien of alternatiewe reëlings tref.