Posted by Admin

Die eerste kruiswoord: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Lees: Lukas 23:32-38

  1. Saam met Jesus is twee misdadigers gekruisig. Hulle het Christus verneder as Koning van die misdadigers. Wat is die betekenis hiervan as dit in die lig van Jesaja 53:9-12 gelees word?
  2. In vers 34 hoor ons die Here Jesus se eerste woorde aan die kruis. Dit is ‘n gebed: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. Vir wie bid Jesus hier? Vergelyk ook met Mattheus 5:44 en Handelinge 7:60.
  3. Sou Pilatus en Herodus en al die mense daar teenwoordig dit gedoen het as hulle geweet het wat hulle doen? (1 Korintiërs 2:8)
  4. Wat beteken hierdie kruiswoord van ons Here Jesus vir jou vandag?
  5. Hoe hanteer jy mense rondom jou– wat nie weet wat hulle doen nie?
  6. Watter belofte van die Here word aan ons in hierdie gedeelte verkondig?
  7. Watter eis word hier aan ons as gelowige kinders van die Here gestel? Ons kan immers nie agter onkunde skuil nie?