Posted by Admin

Christus is die geheim van ons lewe

Baie mense worstel diep in hulle harte met die vraag waarom daar soveel swaarkry en seerkry en smarte in hierdie lewe is. Sommige mense se lewens word gekenmerk deur alles wat net sleg en moeilik en aaklig is. Dit is asof hulle hele lewe een groot smart is. In die laaste jaar het ons ook gesien hoe mense bitterlik swaar en seer gekry het. Sommige mense het hulle werk verloor, hulle huise, hulle families of vriende..

Vir so baie mense kom die vraag dan op: Wat is die antwoord op hierdie hartseer lewe? Watter hoop is daar vir die mens? Watter geheim is daar in hierdie lewe om tog in al hierdie hartseer en droefheid ook geluk en vreugde te ervaar?

Ons staan vanaand stil by die geheim van ons lewe.

LOFVERHEFFING Votum en Seëngroet
 LofsangPs. 147:1 en 2
  Gebed
WOORDDIENSWoordverkondigingPs. 25:1 en 7
 SkrifgedeelteKolossense 1:21-29
 TeksversVers 26-28
 TemaChristus is die geheim van ons lewe
  Gebed
ANTWOORDDIENS Barmhartigheidsoffer
 SlotsangPs. 42:1 en 5
  Seëngroet