Posted by gbroos

Die Skriflesing tydens die erediens vanoggend 3 Februarie is Efesiërs 1:3 tot 6 en Romeine 3:9 tot 31 met die klem op Romeine 3 vers 19. Die tema van die erediens is : “Uitverkiesing : vol verwyte óf verheerliking met oorgawe?”               

  • Verwyte is totaal ongegrond
  • Vervang verwyte met verheerliking – God gee geregtigheid
  • Vervang verwyte met verheerliking – ‘n duur prys is vir geregtigheid betaal.
  • Vervang verwyte met verheerliking – mense wat nie wil nie, glo.

U kan die volledige preekskets lees deur op ons voorblad op “Sketse” te klik.

Ons sing vanoggend Psalm 44:1,2 en 3 (omdigting); Psalm 100:2, 3 en 4: Psalm 131 :1, 2 en 3 en Skrifberyming 1-1:1 2 en 7.

U is saam met ander Christene in verskillende lande hartlik welkom om saam met ons deel te hê aan die erediens. Klik net hieronder op die driehoekie of op YouTube om in te loer in die erediens of op “Oudio” op ons voorblad deur in te luister.