headerphoto

Gemeente Inligting

Waterkloofrand het in 1963 afgestig van die Gereformeerde Kerk Brooklyn.

Vroeg in sy bestaan is die eerste predikant beroep wat tans nog die emerituspredikant van die Gemeente is, nl Prof Bouke Spoelstra. Daarna is die Gemeente bedien deur oorlede ds Peet de Wet, deur dr Neels Smit, ds Chris Hattingh (oorlede) en tans dr Douw Breed.

Tot voor afstigting van die Gereformeerde Kerk Rietvallei in 1987 het die Gemeente gegroei van 236 lidmate tot 978. Na afstigting was die getal 590 en dié het in hierdie jaar (2010) verminder tot 380 (310 belydende en 70 dooplidmate)

Die lidmate verteenwoordig ’n groot verskeidenheid beroepe : van administratiewe en tegniese beroepe tot professionele en bestuursberoepe. Uit die 2009 ouderdomsprofiel (Nov.2009) blyk dat die verskillende ouderdomsgroepe goed verteenwoordig is:

Ouderdom Persentasie
80+ 9%
70+ 12%
60+ 15%
50+ 11%
40+ 11%
30+ 11%
20+ 12%
10+ 8%
0+ 11%

Om verskillende take in die Gemeente te verrig, is daar ’n verskeidenheid kommissies en werksgroepe waarop lidmate dien.

Kommissies van die Kerkraad (ouderlinge) is die volgende :

Predikantbedieningskommissie Sien om na die uitvoer van bedienings- en leerwerk deur die predikante en aflospredikante
Evangelisasiekommissie
Katkisasiekommissie met die kategete
Kommissie vir Onderwyssake
Jeugkommissie met spesialisering in: Laerskoolkinders
Hoërskoolkinders
Volwassejeug (ook groepe : ongetroudes, getroudes sonder kinders, getroudes met kinders)

Die verskillende groepe reël elkeen sy aktiwiteite soos geestelike verryking, kuier-speelgeleenthede by die kerk, naweekkampe, ens.

Diakonie:

Spesialisasie in die volgende aspekte vind plaas :

Bystandsgevalle
Senior lidmate
Barmhartigheidswerk buite die gemeente
Kommissie vir Onderwyssake
bemagtiging van die lidmate om barmhartigheidswerk te verrig

Breë Kerkraad:

Kommissies wat hier dienswerk verrig, is die volgende :

IK Kommissie: Inisiërings en koördineringskommissie wat die meer sosiale aktiwiteite van die Gemeente beplan en sorg dat dit uitgevoer word
Finanskommissie
Eiendomskommissie
Kommissie vir Onderwyssake Byna sonder uitsondering verskyn daar elke Sondag ’n uitgawe van die Gemeente se nuusbrief.
Redaksie Waterkruik:
Ad hoc kommissies Verskillende kommissies wat van tyd tot tyd opdragte uitvoer, bv ’n funksie om elke nuwe jaar se aktiwiteite af te skop en af te sluit, ens. Detail oor die datums van hierdie aktiwiteite word in die Kalender aangedui.
Kommissie vir nuwe intrekkers

Organisering van die Susters:

’n Groot deel van die susters se jaarprogram word ingeneem deur die behandeling van ‘n jaartema tydens ‘n aantal byeenkomste. ’n Suster word as wyksuster toegedeel aan elkeen van die wyke waarvolgens die lidmate deur die Breë Kerkraad ingedeel word. Elke wyksuster word vir die jaar ingedeel by een van die funksies wat vir die Gemeente beplan is en verrig dan sekere take saam met die lidmate in haar wyk. Die wyke is ook ingedeel by die program om tee aan die Gemeente na oggend-eredienste aan te bied.

Preekbesprekings vir kinders:

Tydens die eredienste kry kinders van ouderdom 3 tot in gr 4 geleentheid om die bespreking van die preek in die saal by te woon. Die susters wat hierdie taak verrig kommunikeer telkens vooraf met die predikant oor die inhoud van die bespreking sodat dit sover moontlik inpas by die preek van die oggend.

Bybelstudie:

Lidmate word instaat gestel om op Donderdae by een van die volgende groepe in te skakel wat by die Pastorie byeenkom:

08.30 tot 09.30
10.00 tot 11.00
15.00 tot 16.00
18.30 tot 19.30

Naskoolse jongmense tot ± 30 jaar : 19.30 tot 21.00 Gesinne : 18.00 by die kerkgebou

Sang en musiek:

Ons bekwame orreliste oor baie jare is sr Blyde Basson wat help dat ons gemeente besonder lekker sing.

Die Gereformeerde Kerk Waterkloofrand sluit die volgende woongebiede in:

Brooklyn-Suid, Nieuw-Mucleneuk, Waterkloof, Waterkloofrif, Waterkloofrif uitbreidings, Waterkloofhoogte, Waterkloofpark, Monumentpark (oos van R21 snelweg), Sterrewag, Erasmusrand, Erasmuskloof.

Posadres van kerkraad: Posbus 25092
Monumentpark
0105
Telefoon 012 460-6925
Faks 012 460-6925
e-pos : nwgkw@telkomsa.net
Kerkgebou: H/v Lang- en Deystraat
Nieuw-Muckleneuk.
Eredienstye: Oggend: September tot April 9:00 - Mei tot Augustus 9:30
Aand: 18:30

Klik vir 'n groter foto

“En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” – Matteus 16: 18