Posted by gbroos

Die tema van die erediens (oggend van 8 Oktober), “In die sorg van die God van vrede wanneer ek faal in my heiligmaking”, word behandel aan die hand van 1 Tessalonisense 5:12 tot 24. Die teksvers is vers 23.

  • Die eis om heiligmaking sowel as mislukking is ‘n werklikheid.
  • Ek is egter onder die “God van vrede” se sorg.
  • Hierdie sorg is volmaak.
  • Volmaakte sorg, daarom nie heiligheid met die rug teen die muur nie.

U kan die volledige preekskets volg deur te klik op “Sketse” op ons voorblad.

Ons sing vanoggend Lied 190:2 en 3(vooraf); Psalm 98:1 en 3; Psalm 47:1 en 4 en Skrifberyming 18-6:1,2,4 en 5.

U kan direk inkyk op die erediens en saam met ons daarin deel deur te klik op die pyltjie hieronder of op YouTube onderaan hierdie bladsy.