Afskop van jeugaksies in 2010
Die Jeugkommissie het op 3 Februarie 2010 by die
pastorie vergader. Herman Hamersma is aangewys as
sameroeper van die kommissie.
Tydens die vergadering is ses portuurgroepe
geïdentifiseer wat saam die gemeente se jeug vorm.
Hierdie ses portuurgroepe is:
• Voorskool
• Junior laerskool
• Senior laerskool
• Junior hoërskool
• Senior hoërskool
• Na-skool tot ongeveer dertig jaar
Nadat die ses portuurgroepe uitgeken is, is name van
persone wat moontlik betrek kan word by om elke groep te
organiseer, genoem. Hierdie persone is tipies iemand wat
‘n kind of kinders in die betrokke groep het. Die
volgende persone is genader :
• Anna-Marie Marais (Voorskool)
• Hedwig Coetzee (Voorskool)
• Santa Josling (Junior laerskool)
• Nadine van Staden (Senior laerskool)
• Herman Hamersma (Na-skool)
• Herman Hamersma sal in die interim die
Hoërskoolgroep waarneem.
Op 10 Februarie 2010 het die bogenoemde persone by die
Pastorie bymekaar gekom, saam met Dr. Breed, waar die
voorstelle soos hierbo uiteengesit aan hul voorgehou is.
Die voorstelle is met entoesiasme aanvaar en moontlike
aksies waarby die jeug betrokke kan raak is genoem. Hierdie
aksies is opgedeel in vier kategorieë, naamlik:
• Gee-aksies (waar daar in die gemeente en in die
gemeenskap teruggeploeg word)
• Na-kerkaksies (na die erediens gesprekke en
kuier)
• Kampe
• Gemeenskap van die gelowiges (kuier)
Daar is besluit om kwartaallikse aksies te probeer
organiseer. Die eerste week in elke maand sal geteiken
word, omdat die jeug se werklas dan gewoonlik minder
is.
Die eerste aksie word beplan vir Saterdag 17 April
2010. Voorstelle vir die aard van die aksie moet nog
gemaak word.
Hou die jeugbladsye dop vir verdere inligting.
