Preekskets Oggend 5 September 2010
Lees 1 Petrus 2:1-10 <- Klik om nou te lees
Teks: vers 9a
Reeks tema: Wie is hierdie mense wat in die wêreld bekend staan as “Die Kerk”?
Preek 4: Dit is die gerigtheid wat tel!
Inleiding:
Ons kon met Voorbereiding, Nagmaal en Nabetragting
verwonder staan terwyl ons die eretitels oordink het
waarmee Petrus in 1 Petrus 2:9 die Kerk noem. Die heel
eerste eretitel (uitverkore familie) het ons laat begryp
dat dit die fondament is wat tel. Die laaste eretitel laat
ons begryp dat daar nog iets anders is wat ook belangrik
is, naamlik die gerigtheid. Hoe heerlik die eretitels ook
al is wat die Here aan sy Kerk gee, die Kerk is nie self
die eindpunt van alles nie. Petrus sê dat die Kerk
bestaan om God se verlossingsdade te verkondig.
Die kerk se gerigtheid is om te verkondig maar om baie spesifiek te verkondig.
Die Kerk verkondig nie maar net nie. Die Kerk se
verkondiging is spesifiek ? bekendmaking sonder twyfel
– die Kerk proklameer. Die sekerheid van dit wat
verkondig word, hang nie van die hoorders af nie. Hoorders
wat negatief reageer, openbaar iets van hulleself, naamlik
dat hulle in die duisternis verkeer.
Die inhoud van hierdie verkondiging is ook baie spesifiek.
Dit gaan spesifiek oor verlossingsdade en dan spesifiek
verlossingsdade van Iemand. Die Verlossingsdade van God.
Die Kerk bring dus nie eerstens ? waarskuwingsboodskap nie.
Eerstens verkondig die Kerk ? blye boodskap – ?
boodskap van God wat deur magtige dade verlossing bewerk
het. Is dit ook in ons diepste wese Waterkloofrand se
gerigtheid?
Die Kerk is baie persoonlik in die gerigtheid op proklamering.
Die Kerk is nie ? gehuurde groep mense wat ? werk op
hierdie aarde het om te doen nie. Petrus sê dat God
ons tot eiendom verkry het. Die woord vir
“verkry” wys op “met groot opoffering
verkry.” God het ons deur die kosbare bloed van sy
eie Seun tot eiendom verkry.
Dit verander ons tot mense wat in God se wonderbare lig
verkeer. Ons herken duisternis, as ons dit sien. Ons herken
mense wat in die duisternis verkeer as ons hulle sien. Ons
was self daar! Vir ons is dit ? persoonlike saak. Soos God
se wonderdade in die Hosea se verhouding met die prostituut
duidelik geblyk het, weet ons het sy wonderdade ook in ons
elkeen se lewe plaasgevind. Ons wat geen volk was nie, het
nou volk geword. Ons wat geen ontferming verdien het nie,
het nou ontferming ontvang. Gedring deur persoonlike liefde
en dankbaarheid, verkondig ons. Die duisternis waarin die
ongelowige verkeer, is nou ons saak, want dit raak die God
Wie se volk ons is. Hoe persoonlik is ons in ons gerigtheid
op proklamering?
