Hoe lyk ons

Gemeente Inligting

Waterkloofrand het in 1963 afgestig van die Gereformeerde Kerk Brooklyn.

Vroeg in sy bestaan is die eerste predikant beroep wat tot onlangs nog die emerituspredikant van die Gemeente is, nl Prof Bouke Spoelstra (Oorlede). Daarna is die Gemeente bedien deur oorlede ds Peet de Wet, deur dr Neels Smit (oorlede), ds Chris Hattingh (oorlede) dr Douw Breed (Emeritus) en tans ds Gerben Meijer.

Tot voor afstigting van die Gereformeerde Kerk Rietvallei in 1987 het die Gemeente gegroei van 236 lidmate tot 978.
Tans (Augustus 2023) is ons ‘n gemeente van 488 lidmate waarvan 405 belydende lidmate en 88 dooplidmate is.

Die lidmate verteenwoordig ’n groot verskeidenheid beroepe : van administratiewe en tegniese beroepe tot professionele en bestuursberoepe. Uit die 2017 ouderdomsprofiel blyk dat die verskillende ouderdomsgroepe goed verteenwoordig is:

OuderdomPersentasie
80 + 8.57% 42
70 - 7911.00% 54
60 - 6910.61% 52
46 - 5917.88% 88
26 - 4521.87% 107
19 - 25 8.24% 45
14-18 5.57% 28
7-13 5.54% 27
0 - 6 8.45% 46

Om verskillende take in die Gemeente te verrig, is daar ’n verskeidenheid kommissies en werksgroepe waarop lidmate dien.

Kommissies van die Kerkraad (ouderlinge) is die volgende :

PredikantbedieningskommissieSien om na die uitvoer van bedienings- en leerwerk deur die predikante en aflospredikante
EvangelisasiekommissieVerskillende projekte geniet tans aandag
Katkisasiekommissie met die kategete
Liturgie Kommissie
Jeugkommissie met spesialisering in:Laerskoolkinders
Hoërskoolkinders
Volwassejeug (ook groepe : ongetroudes, getroudes sonder kinders, getroudes met kinders)

Die verskillende groepe reël elkeen sy aktiwiteite soos geestelike verryking, kuier-speelgeleenthede by die kerk, naweekkampe, ens.

Diakonie:

Spesialisasie in die volgende aspekte vind plaas :

Bystandsgevalle
Senior lidmate
Barmhartigheidswerk buite die gemeente
Bemagtiging van die lidmate om
barmhartigheidswerk te verrig

Breë Kerkraad:

Kommissies wat hier dienswerk verrig, is die volgende:

IK Kommissie:Inisiërings en koördineringskommissie
wat die meer sosiale aktiwiteite van die Gemeente
beplan en sorg dat dit uitgevoer word
Finanskommissie
Eiendomskommissie
KommunikasiekommissieByna sonder uitsondering verskyn daar elke Sondag
’n uitgawe van die Gemeente se nuusbrief.
Ad hoc kommissiesVerskillende kommissies wat van tyd tot tyd
opdragte uitvoer, bv ’n funksie om elke nuwe
jaar se aktiwiteite af te skop en af te sluit, ens.
Detail oor die datums van hierdie aktiwiteite word in
die Kalender aangedui.
Kommissie vir nuwe intrekkers

Organisering van die Susters:

Die susters van die gemeente het ‘n bestuur wat alle sake wat die susters raak, hanteer. Die bestuur skakel met die Inisiërings- en Koördinerinskommissie vir aksies wat die gemeente raak.

’n Suster word as wyksuster toegedeel aan elkeen van die wyke waarvolgens die lidmate deur die Breë Kerkraad ingedeel word. Elke wyksuster word vir die jaar ingedeel by een van die  funksies wat vir die Gemeente beplan is en verrig dan sekere take saam met die lidmate in haar wyk. Die wyke is ook ingedeel by die program om tee aan die Gemeente na oggend-eredienste aan te bied.

Bybelstudie:

Lidmate word instaat gestel om op Donderdae by een van die volgende groepe in te skakel :

  • om 8.30 in die konsistorie
  • 0m 10.15 in die konsistorie
  • om 18.30 in die pastorie
  • vir naskoolse jongmense tot ± om 19.30 in die pastorie.

Sang en musiek:

Ons pos van orrelis word tans beklee deur Ansie Wichmann en met haar begeleiding sing  ons gemeente  besonder lekker .

Die gemeente sluit die volgende woongebiede in:

Brooklyn-Suid, Nieuw-Mucleneuk, Waterkloof, Waterkloofrif,
Waterkloofrif uitbreidings, Waterkloofhoogte,
Waterkloofpark, Monumentpark (oos van R21 snelweg),
Sterrewag, Erasmusrand, Erasmuskloof.