Die tema van vanoggend se erediens is :” Wie ingegaan het in God se heiligdom, het ‘n hart wat verander is” en dit word toegelig deur die lees van Psalm 73 en met vers 25 as teksvers.
Die verandering by gelowiges met ‘n veranderde hart blyk uit die volgende:
* Vanaf arrogante aanklaer tot aangeklaagde
* Vanaf verwerpte tot versorgde
* Vanaf jaloerse tot jammerhartige
* Vanaf dik- en toemond-mens tot verkondiger.
Die volledige preekskets vind u deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Ons sing vanoggend Ps.43 : 3 en 4(omd); Skrifberyming 14-2; Ps.130 ; 2 en 3 en Ps. 73 ; 10, 11 en 12.
U kan na die diens inluister (Oudio) of inkyk (Video).