Efesiërs 5:21-33
HK Sondag 41
‘Hierdie geheimenis is groot; ek sê dit met verwysing na Christus en die kerk.’
ONS DIE HEILIGE BRUID VAN JESUS CHRISTUS
Ons leef in ’n kultuur en tyd waar seksualiteit oral om ons heen is. Die skaamte van die mens is op hierdie punt afgestomp. Dink maar aan advertensies, stories op die televisie, flieks en die internet. Alles is moontlik. Die vryheid is daar, jy moet met jou liggaam doen wat jy wil. Dat mense rondslaap het in ons samelewing normaal geword. Net soos wat jy geniet van ’n bier of iets lekkers, so moet die mens ook daarvan kan geniet. Dit klink hard. Dit klink grof, maar dit is die realiteit. Al in die tyd van Paulus het die mens vreemde gedagtes oor hierdie onderwerp gehad. Daar was ontrou ook aan die orde van die dag. In die brief wat Paulus aan die gemeente in Efese skryf, was al hierdie dinge bekend. Daarom praat die Here so hard en duidelik met hulle en ook van dag hier met ons. Hy maak sy wil baie duidelik aan ons bekend, want ons leef in hierdie sondige wêreld waar baie dinge nie ooreenkom met God se Woord nie. As kinders van God leef ons anders met ons liggame. Ons leef heilig voor die Here.
Heilig gemaak deur die Here
As ons luister na die woorde van die Kategismus oor die sewende gebod, dan klink dit nie vrolik nie. Woorde soos vervloek, hartgrondig haat, onkuise dade, gee vir ons vinnig die indruk, dat die pad na die huwelik en selfs die lewe daarbinne, ’n gevaarlike pad is. Deur die sonde is die gevare baie. Wat die Here heilig gemaak het, word deur die mens ontheilig. Dit deur onkuisheid.
Heilig deur die werke van Jesus Christus
Ons kan net heilig wees deur die werke van ons Here Jesus Christus. Hy het gekom om dit te herstel wat deur die mens in sonde gedompel is. Net deur Hom kan ons die sewende gebod uitleef. As voorbeeld vir ons huwelike stel Paulus die liefde van Christus vir sy gemeente. Dit is die hoogste liefde vindbaar. Geen groter liefde is daar as dit nie. Die liefde wat Christus vir ons sy gemeente het, is dienende liefde.
Heilig deur die inwoning van die Heilige Gees
Kinders van die Here se liggame is tempels van die Heilige Gees. Nie net ons siele nie, maar ook ons liggame is baie belangrik vir die Here. Een dag sal immers hierdie liggame in ewigheid saam met God leef. Daarom leef ons nou al rein en heilig voor die Here met ons liggame. Jou liggaam is werklik tempel van die Heilige Gees.
Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com
LITURGIE
Ps. 145:1,2,12
Ps. 18:1,12
Sb. 5-4:1,2,5,6
Ps. 150:1