Skip to content
Menu

Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.

Skriflesing: Mattheus 11:25-30      Teksvers: 28       Sing: Ps 23-1:1,2,3; Ps 81-1:11,12; Sb 10-1:1,2,3,4; Ps 92-1:6,7.

‘Kom na My toe, almal wat vermoeid en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee.’

 Jesus gee rus vir hulle wat vermoeid en belas is

‘Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.’ ‘n Teks wat die praktyk waarin ons lewe aanspreek. Die tyd waarin ons lewe gaan vinnig. Dag in en dag uit is jy besig met jou daaglikse take. Jy werk om geld te verdien, sodat jy in hierdie maatskappy kan oorleef. ‘n Besige lewe wat soms swaar op jou skouers kan lê. In jou lewe het jy ook oomblikke van rus. In ons daaglikse roetines het ons oomblikke van rus ingebou. By jou werk of op skool het jy gestruktureerde pouses. Jy werk of studeer vir ’n sekere tyd lank, en dan het jy twee of drie keer per dag ’n onderbreking van jou verpligtinge, vrye tyd waarin jy ‘n rukkie kan ontspan. Jy rus van jou werk. In die naweek rus ons uit. Vandag is dit die rusdag. In die wet het ons dit gehoor. In ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, en op die sewende dag het Hy gerus. 

Jou lewe bestaan uit momente van werk en rus. Oomblikke van inspanning en ontspanning. ’n Periode van hoë werksdruk, en ’n rustige periode van vakansie. In ons daaglikse lewens is rus ’n bekende verskynsel. In Mattheus 11:28 sê Christus dat Hy ons rus sal gee. Maar wat bedoel Christus met hierdie rus? Kom hierdie rus ooreen met ons menslike rus? Of bedoel Jesus hier iets anders mee?

Die oproep van Jesus

Dit is Jesus wat oproep en Hy doen dit as die Seun van God. Hy en die Vader is een en daarom is die uitnodiging wat Hy rig aan alle mense ‘n Goddelike uitnodiging. Hy roep jou op om sy juk op te neem. Dié juk is ’n teken van diensbaarheid. Hierdie beeld gebruik Jesus. Want om tot by Jesus te kom, beteken om voor Hom te buig, aan Hom aan wie die Vader alles toevertrou het.

Die mense wat deur Jesus opgeroep word

Jesus roep nie net sekere mense nie, Hy roep alle mense. Want alle mense leef onder die druk van die sonde. Daar is nie een persoon op hierdie aarde wat die sonde sal vryspring nie. Baie mense dink dat hulle nie vermoeid en belas is nie, hulle bluf hulleself deur hulle te omring deur rykdom. Maar sonder die Here is die lewe leeg en dood.

Die rede waarom Jesus mense oproep

Die rede waarom Jesus ons oproep om by Hom te kom is sodat Hy ons rus sal gee. Hy gee Godgegewe rus. En die doel van die rus het ons in vers 25 en 26 gehoor.  God het Hom aan ons geopenbaar. Hy het Hom aan ons bekend gemaak sodat ons Hom kan loof. God loof vanuit ons Godgegewe rus. Hy gee blywende rus, omdat Hy nie net tot rus bring nie, maar ook omdat sy juk wat Hy oplê, die skouers nie beskadig nie, en sy las is lig.