Skip to content
Menu

Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.

Skriflesing: Maleàgie 3:13 – 4:6       Teks: Maleàgie 4:5,6       Sing: Ps2:6; Ps99:4,5; Ps133:1,2; Ps 128:1,3.      

Die Here roep tot geloofseenheid tussen geslagte voor die oordeelsdag

Inleiding

Een van die grootste sondes in ons lewe as Christene is die verskeurdheid onder Christene, terwyl die Here geloofseenheid – veral tussen generasies – so belangrik ag voor Sy wederkoms.

  1. Daar kom ’n dag van die Here

     Die „dag van die HERE“ verwys na die oordeelsdag. Op daardie dag gaan groot dinge in die natuur en in die bestaan van die mensdom gebeur, ook die vreeslike oordeel van God. Ou en Nuwe Testamente eindig met verwysings hierna.

  1. Die Here roep voor die tyd

Die Here los Sy volk nie in hulle sondes voordat Hy opdaag nie. Hy stuur mense soos die kragtige en getroue profeet Elia na Sy volk toe. Voordat Jesus hier op aarde Sy verlossingswerk begin het, was Johannes die Doper die “Elia“ wat God na Sy volk toe gestuur het.

  1. Hy roep tot geloofseenheid tussen generasies

Die Here wil hê dat die verskillende generasies van gelowiges, wat deur hulle sonde van Hom en van mekaar weggedryf het, weer met mekaar versoen word. Daarom moet die “Elia’s“ die volk terugroep na Hom toe, want in hulle gemeenskaplike geloof in Hom en gehoorsaamheid aan Hom, vind hulle mekaar weer.

Ten slotte

Die verskeurdheid tussen verskillende generasies in ons tyd word nie net in die algemene samelewing nie, maar ook in die kerk en in huisgesinne beleef. Die Here se oplossing hiervoor is so heerlik eenvoudig:  as almal terugkeer na Hom toe, is almal by Hom by mekaar. Dan kan ons uitsien na die dag van Sy koms!