Lees: Matteus 5:38-48
Sing: Psalm 99 : 1, 2, 3; Psalm 74 : 15, 16; Psalm 104 : 8, 9; Psalm 104 : 20, 21;
Inleidend
Waarom vra mense nooit hiérdie vraag nie: “Waarom gebeur daar goeie dinge met slegte mense…?“
- Dat God ook aan slegte mense goed doen
Die Bybel is van die begin af vol voorbeelde van die feit dat die Here nou nog aan álle mense goed doen, selfs aan mense wat nie in Hom glo nie, en selfs aan mense wat Hom vyandig gesind is.
- Hoe Hy aan hulle goed doen
Son en reën verteenwoordig hier al die goeie dinge van mense se lewens op hierdie aarde. God, wat alles beheer en beskik en dus ook uitdeel, gee hierdie aardse gawes selfs in oorvloed aan party ongelowige mense, soms ’n leeftyd lank.
- Waarom Hy aan hulle goed doen
Hy doen dit so omdat dit in Sy aard is om goed te doen. Ook ons, wat die genade van verlossing ontvang het, is slegte mense wat deur Hom gered is en verander word. Hy spreek ongelowige mense ook met Sy goedheid aan en gee hulle nog tyd vir bekering.
Ten slotte
Die vraag “Waarom gebeur daar goeie dinge met slegte mense?”, behoort mense se oë oop te maak vir die goedheid van God, die Bron van alle goeie dinge.