Skip to content
Menu

Skriflesing: Jesaja 24: 17 – 23; Jesaja 26: 4; Matteus 24: 7 en 8; Openbaring 6.

    Teks: Jesaja 26: 4; Openbaring 6: 12 – 17

    Sing: Ps. 98: 1, 3 en 4; Ps. 71: 9, 11 en 14; Ps. 46: 1 en 6; Sb. 9: 1, 2 en 3.

    Elke aardbewing op die aarde sê:”Jesus kom!” Die aarde skud onder ons voete, geboue word beskadig, mense word beseer en sterf…

    Maar, uiteindelik normaliseer alles weer, en die lewe gaan aan.

    Totdat Jesus weer kom, sigbaar vir almal.

    En op daardie heerlike oomblik, wankel nie net die aarde nie, maar ook die hele hemelruim word geskud!

    En niks sal ooit weer dieselfde wees nie…

    Waar gaan jy skuil?

    Ons teks dring ons elkeen om deeglik seker te maak van ons enigste vaste staanplek…

    Ds. Lourens du Plessis (Emeritus, Groblersdal).