Skip to content
Menu

Skriflesing: Jona 1; Lukas 8: 22 – 25; Matteus 12: 38 – 41; Johannes 10: 11 – 18

Sing: Ps. 18: 1 en 9; Ps. 18: 12 en 13; Ps. 56: 1 en 4 (Wysie Ps. 59, Tweede melodie); Sb. 52 (11-2):  1 en 2; Ps. 33: 2  en 6.

Jesus gee die teken van Jona, wanneer Hy gevra word om ‘n teken te gee.

Ek en jy soek ook soms ‘n teken. Hoe kan ek seker wees dat God bestaan? Hoe kan ek verseker weet dat Hy my hoor en verhoor? Sal ek nie dalk ‘n sterker geloof hê as ek net ‘n teken kan ontvang nie?

Om hierdie teken te kan verstaan, vergelyk ons twee gebeurtenisse, nl. Jona in die skuit, en Jesus in die skuit.

Insiggewende ooreenkomste tref ons in hierdie vergelyking, maar ook so treffende verskille…

Maar dan die verrassende wanneer Jesus vir ons die verskille in sy dood en opstanding oorbrug!

En dan verstaan ons: Meer as Jona, is ook, en altyd, by ons!