Lees: Openbaring 10
Sing: Psalm 32 : 1; Psalm 71 : 13, 17; Skrifberyming 18-7 (45) : 1, 9; Psalm 68 : 15, 16;
Inleidend
Daar word deesdae baie wetenskaplike toekoms-studies gedoen, terwyl Christene ook opinies het oor wat vorentoe gaan gebeur. Kan ons weet…?
- Wat ons wel van die toekoms weet
Die Here het sekere sake oor die toekoms wel aan ons bekend gemaak, byvoorbeeld dat Hy alle teenstand teen Hom sal oorwin; ook dat mense, wat aan Hom behoort, hier op aarde stryd en beproewings sal beleef op hulle pad na die ewige heerlikheid toe.
- Wat ons nie van die toekoms weet nie
Ons weet nie wat die sewe donderslae gesê het. Hulle is ook boodskappers van God oor onverwagse en skrikwekkende oordele wat Hy oor die aarde gaan laat kom, maar om redes van Sy eie wil God dit nie vooraf bekend laat word nie.
- Wat dit vir ons beteken dat ons nie alles weet nie
Hierdie feit laat ons opnuut besef dat God absoluut soewerein is, asook dat ons klein is en ons kennis beperk, veral as ons oor die toekoms dink en praat. Dit maak ons egter nie bang nie, want ons weet genoeg om vol vertroue uit te sien na ons ewige toekoms.