Lees: 1 Timoteus 6:3-21; NGB 1
Sing: Psalm 136 : 1, 2, 3; Psalm 30 : 7; Skrifberyming 2-2 (34) : 1; Psalm 145 : 2, 4, 12;
Inleidend
Oor God kan ons net praat in woorde en denkbeelde wat Hy vir ons gegee het.
- Hy is ’n persoonlike wese
God is nie een of ander onpersoonlike krag of energie of invloed in die heelal nie. Hy is ’n persoonlike Wese wat wil en dink en praat en doen, wat jammer kry en toornig word. So het Hy Homself in Jesus Christus aan ons bekend gestel.
- Hy is onvoorstelbaar groots
Wanneer die Heilige Gees Paulus hier oor God laat skryf, verander sy beredenerende taal in aanbiddingstaal. Daarom is NGB artikel 1 ook nie ’n poging om God omvattend te bely nie, maar slegs enkele sinne van verwondering deur mense wat ontvangers van God se oneindige goedheid is.
Ten slotte
Alle menslike gedagtes en praatjies oor God skiet ver tekort. Ons kan en moet net by Hóm leer hoe om oor Hom te dink en te praat.
1 Timoteus 6:16