Ons hoor oraloor al hoe meer: “Spreek lewe, nie dood nie”. As jy iets negatiefs sê, word jy vermaan om ‘dit nie uit te spreek nie…’ As dit sleg gaan met jou, sê mense vir jou jy moet net ‘gesondheid, guns en genade’ uitspreek en dit sal so wees in jou lewe. Daar word gesê dat jy eerder iets positiefs moet sê, jouself moet positief ‘spreek’ met gesondheid en besittings en welvaart.
Maar is dit Bybels?
Moet ons lewe spreek?
ONS HOOR IN DIE PREDIKING VANDAG:
- Waar die “Spreek lewe” beweging vandaan kom en fokus in op Spreuke 18, een van die mees geliefkoosde ‘bewystekste’
- Ons gaan kyk na Genesis 1 enJohannes 1 waarin God ons duidelik leer dat Hy alleen Lewe gegee het deur te spreek
Laastens beantwoord ons vanuit die Skrif die vraag: Lewende Woord, of woorde wat lewe (probeer) gee vanuit Genesis 3.