Skip to content
Menu

Openbaring 22
HK Sondag 52

‘Hy wat hierdie dinge getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus!’

 AMEN – DIE SKAKEL TUSSEN GEBED EN LEWE

Met Amen maak jy jou oë oop. Dit gebed is verby. Met die woord word dit wat gebid is beklemtoon – dit is vas en seker. Maar ook is dit vir ons ‘n aanduiding dat die gebed verby is. Jy mag begin eet. Jy mag jou tas inpak en huis toe gaan. Jy mag weer voortgaan met jou take. In die naam van ons Here Jesus Christus, Amen. Dan kan ons hierby noem. Amen is nie ‘n punt nie. Dit is nie die einde nie. Amen is ‘n komma. Amen is nie ‘n afsluiting nie, maar ‘n deurgang. Jy gaan oor van lewend bid, na biddend lewe. Want in wese kan jy gebed nooit afsluit nie. Die lewe van ‘n christen is gebed, want die hemel bly altyd geopen. Ons leef in ‘n verhouding met die Here. Daarom is ons lewe hier deurlopend ‘n lewe van gebed. Met oop oë en besige hande, bly jy in gebed. In die amen sien ons ‘n skakeling tussen gebed en lewe. Maar juis omdat dit nie ‘n punt is nie, bly gebed en lewe aan mekaar verbind. Gebed hou nooit op nie. Altyd en oral leef jy in God se teenwoordigheid. Die Amen is die verbinding tussen gebed en lewe.

‘n Bede vir geloof

“Kyk, Ek kom gou! Gelukkig is dié wat vashou aan die woorde van die profesie van hierdie boekrol.” (vers 7) Jesus Christus is die fondament van ons gebed. In Hom is dit waar en seker. Weet ons dat God aanwesig is en luister. Deur jou gebed met Amen af te sluit, getuig jy van geloof en verbondenheid met Hom. Gelukkig is ons wat aan Hom vashou. Wat mag bid om Christus wil. Ons Amen bevestig dit. Dit is ‘n bede vir geloof.

‘n Belydenis van verwagting

‘Hy wat hierdie dinge getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus!’ (vers 20) Gebed behels dat ons op die Here vertrou. Dit word in die kategismus bevestig. God het my gebed nog beter verhoor, as wat dit vir my in my hart voel. Amen is ‘n belydenis van vertroue en verwagting. Die Here het vir ons soveel belowe. Daarop vertrou ek. Met verwagting sien ons uit na die werke van die Here. Hy wat gou kom!

‘n Belofte van aksie

‘En die Gees en die bruid sê: “Kom!” En laat elkeen wat luister, sê: “Kom!” En laat elkeen wat dors het, kom. En laat elkeen wat dit begeer, die water van die lewe kom kry, verniet!’ (vers 17) Met Amen sê ons ja vir God en amen op sy beloftes. Van daar gaan jy verder met jou werk. Wat jy bid staan nie los van jou lewe nie. En hoe jy leef staan nie los van jou gebed nie. Die “Kom” leef ons biddend uit.

Ds. Gerben Meijer
meijer.gp@gmail.com