Die Eksodus van Jesus word in Jerusalem volbring
Die verheerlking daar op die berg vind plaas op die vooraand van die lydingsweg van ons Here Jesus. Dit is amper Paasfees, die groot fees wat gevier word ter herdenking van die verlossing wat God aan Israel geskenk het. In die tyd toe die volk deur die Egiptenare onderdruk was het die HERE vir Moses geroep het om die volk uit slawerny te lei 40 jaar lank deur die woestyn.
Elke jaar het die volk van oral oor opgetrek om in Jerusalem hierdie fees te vier. Jerusalem is waar die tempel is, wat die teenwoordigheid van God onder die volk simboliseer. Maar dit is nog voor die Paasfees. Jesus is besig om voor te berei vir hierdie weg van lyding wat Hy moet loop. Hy weet die tyd kom al nader dat Hy sy werk moet voltooi! Daarom neem Jesus sy binnekring dissipels om op die berg te gaan bid.