Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.
Skrifesing: Josua 4 Belydenis: Nicea 1 Teksverse: Joshua 4:21,22 Sing: Ps. 149-1:1,2,3,4; Ps. 102-1:1,6; Ps. 24-1:1; Ps. 33-1:5,7; Ps. 72-1:1,3,11.
‘Ons glo in een God, die Almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge’
Nicea [1] – Die God van sigbare en onsigbare dinge
Geloof is sekerheid van die dinge wat gehoop word, ‘n bewys van die dinge wat nie gesien word nie. Deur geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God geskep is. Gevolglik het dit wat gesien word, nie uit die sigbare ontstaan nie. (Hebreërs 11) Ons bely. Taal uit die geloofsbelydenis van Nicea. Taal wat aansluit by die gebeure in Josua 4. Dit is eie aan kindwees van God om te praat oor sy dade. Dit was daar selfs ‘n opdrag. Vandag deel ons hierin. Ons glo in God die Almagtige Vader. ‘n Kragtige belydenis in ‘n wêreld wat Hom as die Skepper nie altyd erken nie.
Die werke van God
Die Jordaan was ‘n onoorkombare hindernis vir die in besit neem van die beloofde land. Op daardie tydstip van die jaar ‘n diep, breë en vinnig vloeiende rivier. Vir drie dae staan die volk voor die rivier (3:1). En dan doen God ‘n wonder. Die ark en die priesters speel hierin ‘n hoofrol. Die ark staan vir God se persoonlike teenwoordigheid. Danksy die ark is daar ‘n pad, waar voorheen nie ‘n pad was nie. So sien ons hier ook Christus: die pad van duisternis na lig. So lê hier ‘n direkte verband tussen die uittog uit Egipteland en die intog in die beloofde land. Beide is ‘n daad van God. As teken hiervan sit hulle op twee plekke twaalf klippe neer. Op die oewer (sigbaar) en op die bodem (onsigbaar). Die doel van die stene is om te onthou. Dit is ‘n belydenis oor die sigbare en onsigbare werke van die Here.
Die almag van God
God se almag word hier sigbaar. Hy is die Skepper van alle dinge. Hy kan die waters van ‘n rivier laat opdroog. Hy lei sy volk daar waar hulle moet wees. Hy is werklik die Skepper van hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge. Dit mag ons bely. Niks val buite sy hand nie.
Die ontsag vir God
Deur die geloof het ons ontsag vir die Here. Vers 24 stel dat dit nie anders kan nie – ‘sodat al die volke van die aarde mag weet dat die hand van die Here sterk is, en sodat julle altyd vir die Here julle God ontsag sal hê.’ Van harte mag ons bely wat die Here gedoen het. Daarin hou ons vas aan alles wat Hy kan doen. Gereeld is daar dinge in jou lewe wat onoorkombaar lyk. God staan bo alles. In volkome afhanklikheid kan ek op Hom vertrou.
Gesprekspunte
- Wat is die betekenis van bely in jou lewe?
- Hoe sal jy die betekenis van die stene by die Jordaan vandag beskryf? Wat is die waarde daarvan vir ons?
- Waarin sien jy die sigbare en onsigbare dinge van die Here raak?