Skip to content
Menu

Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.

Lees: Romeine 6: 1-14 & HK So. 17       Fokusverse: Romeine 6:10,11       Sing: Ps. 103-1: 1,2,3,11; Ps. 68-1: 2,9,16; Sb. 1-1 (24): 2,3,6; Sb. 2-4 (33): 1-3.

Vandag vier ons, ons Here Jesus se opstanding uit die dood. Daarom staan ons ook stil by Sondag 17.

Hierdie Sondagsafdelings is beduidend kort. Alhoewel mens selfs nog meer in die vraag en antwoord kon sit, som dit tog die rykdom van die opstanding van Christus baie mooi. Ons kan die antwoord in drie dele opdeel:

  • Geregtigheid (reg, heilig, sonder sonde wees).
  • Heiligmaking (proses van ou mens afsterwe en nuwe mens laat opstaan).
  • Finale oorwinning van die dood wanneer Christus weer kom en al die dooies opgewek word.

Hierin hoor ons dus wat die opstanding vir ons beteken. Dit is nie net ‘n blote feit op sigself nie, dit is in essensie ons hele Christelike lewe. Deur Christus wat opgestaan het uit die dood voltrek Hy die verlossing wat Hy vir ons bewerk het. Sy perfekte lewe word aan ons gegee! Sy Gees woon in ons en bekragtig ons om met die sonde te kan breek en vir God te leef. En deur dit alles mag ons uitsien daarna dat ons eendag self ook in heerlikheid opgewek gaan word met verheerlikte liggame. 

So mag ons dan ook die troos in Christus se opstanding sien!