Skip to content
Menu

Die regstreekse uitsending kan hier gevolg word.

Lees: Deuteronomium 16:9,10; Exodus 20: 18 – 24; Handelinge 2:1 – 11

Teks: Deut 16:9,10 en Handelinge 2:1

Sing: Psalm 4:3,4;  Skrifberyming 14:1,2 (Sb 8 – 1 in Groen Psalmboek) Skrifberyming 13 (Sb 8 – 2) 1,2,3 (Melodie Psalm 100)

Die Heilige Gees: God se Pinkster-Skrif; God se Pinkster-vuur; God se Pinkster-oes

‘n Aangrypende ooreenkoms tussen die wetgewing op Sinai en die uitstorting van die Heilige Gees met Pinkster

Drie hoofsake:

  • Die Heilige Gees: God se Pinskter-Skrif op ons harte. Die Heilige Gees Skryf God se Wet, nie op kliptafels nie maar op ons harte 2 Kor. 3:3  Jeremia 31:33 Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees
  • Die Heilige Gees: God se Pinkster-vuur in ons binneste. Maleagi 3:2 Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter. Matt 3:11 sê Johannes die Doper hy doop met water  maar Jeus sal doop met die Heilige Ges en met vuur.   Die vuur van God brand sonde uit maar verlig en verwarm ook. 2 Tim 1:6 blaas die genadegawes soos vuur aan.
  • Die Heilige Gees: God se Pinkster-oes Met Pinkster op die 50ste dag aan die einde van die oes is graan en diere geoffer uit dankbaarheid vir die oes. Met Pinkster, na Petrus se kragtige prediking is 3000 siele ingeoes in God se koninkryk

Is dit ook Pinkster in ons lewe?