Prediker: Ds. JL Lee | Kerk: GK Waterkloofrand | Datum: 5 Julie 2026 om 09:00 | ▶ Kyk op YouTube
In Genesis 24 sien ons ‘n pragtige verhaal ontvou – nie net van ‘n huwelik nie, maar van God se trou aan Sy verbond.Isak is veertig, nog ongetroud, en die belofte van ‘n groot nageslag lyk in gevaar. Abraham, vol vertroue in God sebeloftes, stuur sy dienskneg om ‘n vrou vir Isak te soek – nie uit die goddelose Kanaäniete nie, maar uit sy eiefamilie, afgesonder vir God.Wat volg, is ‘n meesterklas in geloof en afhanklikheid. Die dienskneg bid vir leiding, en God antwoord selfs vóór hyklaar bid – Rebekka, mooi en rein, verskyn. Haar gasvryheid en gewilligheid bevestig sy is die een wat God bestemhet.Hierdie gebeure is nie net toevallig nie; dit is God se voorsiening. Die dienskneg prys God: “Geloofd sy die HERE… watsy goedertierenheid en trou… nie onttrek het nie” (v.27). Laban en Betuel besef ook: “Van die HERE kom die saak”(v.50).Hierdie verhaal wys hoe God nie net vir Isak voorsien het nie, maar ook vooruitwys na Christus – die HemelseBruidegom wat deur die Vader self vir Sy bruid, die kerk, gestuur is. Rebekka se reinheid beeld die reinheid vanChristus se bruid uit. Soos sy afgesonder is, moet ons ook afgesonder lewe – anders as die wêreld, ingehoorsaamheid, en in afwagting op die Bruilofsmaal van die Lam.God se hand is steeds betrokke by ons lewens. Hy lei, voorsien, en roep ons op tot vertroue en heilige toewyding. Magons dan, in geloof en eerbied, leef soos Sy afgesonderde bruid – rein, voorbereid en met oë gerig op die Hemel.