Skip to content
Menu

Prediker: Ds. JL Lee  |  Kerk: GK Waterkloofrand  |  Datum: 5 Julie 2026 om 17:30  |  ▶ Kyk op YouTube


Die leer van die uitverkiesing is heel ironies een van die groot skilpunte in die Christendom. Ironies omdat dit ‘n groot troos vir die gelowige gee: God het alles gedoen; God maak my lewend en gee my ‘n nuwe lewenstrajek.

Enersyds voel opponente teen hierdie leer dat dit die vrye wil van die mens aantas en onregverdig is; andersyds dat die mens onverskillig maak omdat ‘alles dan vooraf beplan is’:dit maak mense ongeërg in hulle verhouding met die Here.

Tog klou ons as gereformeerdes vas aan hierdie leer omdat dit handel oor God se pad met die mens – nie andersom nie. Die gelowige ontvang seëninge uit Gods hand en daarin lê sy sekerheid.

Daarom kan ons die evangelie in wese opsom in twee woorde: “Maar God” (Efesiërs 2:4).

Kortom gaan dit hieroor: die mens, tot die dood toe skuldig, en ja – dood in sy sonde, kan homself nie opwek nie.

Dit doen God in goedertierenheid, en wederbaar sy kinders.

Gelowiges kan dan nie anders as om, met die wete dat hulle in die wingerd geënt is, hul lewe voortaan vir God te lewe nie.