Prediker: Ds. Lourens du Plessis | Kerk: Gereformeerde Kerk Waterkloofrand | Datum: 12 Julie 2026 om 09:00 | ▶ Kyk op YouTube
Wat beteken die uitdrukking “seuns van God?” Was dit engele wat so ‘n impak op die sedes van die mens gehad het, dat dit God berou laat kry het dat Hy die mens gemaak het, en Hy besluit het op die Sondvloed?
Nee, hoegenaamd nie!
Die sondeval het die mens total en onveranderlik bederf. Soveel so dat die gelowiges hierin total meggesleur is.
Juis die beskouiing van die menslike liggaam, en hoe ons uitdrukking gee aan liefde, word so ‘n kragtige wapen in die hande van die duiwel, dat ons as gelowiges in die tyd waarin ons vandag leef, nodig het om onsself deeglik te ondersoek.
Wat is liefde? Hoe lyk ‘n seun of dogter van die Here se beskouiing van ons liggame? Wat is die huwelik? Wanneer is iemand werklik mooi/aantreklik? En wat dra ons as verbondsouers hieroor aan ons kinders oor?