Prediker: Ds. Lourens du Plessis | Kerk: GK Waterkloofrand | Datum: 9 Augustus 2026 om 09:00 | ▶ Kyk op YouTube
Is dit werklik my, jou, ons fokus, uitgangspunt… en lewenshouding?
God vertoorn Hom wanneer dit nie gebeur nie…
Soos by die heidene wat geen verontskuldiging het nie.
En by die Jode wat in hulle selfgenoegsaamheid in huigelary uitblink.
Wat van ons as Christene?
Geloof is die kernwoord.
Wat is geloof? Weet ons nog? Waar en hoe kry ons dit?
Die ware goloof kom juis na vore in die praktyk van ons lewe, ons hantering, siening en uitleef van ons Here se Woord!