Prediker: Ds. Jan-Louis Lee | Kerk: GK Waterkloofrand | Datum: 22 November 2026 om 09:00 | ▶ Kyk op YouTube
Soos wat Jesus in die rigting van Jerusalem vorder, het baie mense by Hom aangesluit. Elkeen het ‘n ander verwagting gehad van wie Hy behoort te wees – en daarom bring Hy die skare tot stilstand in hierdie gedeelte. Hy skok hulle ast ware met sy woorde – want om agter Hom aan te gaan, en om sy dissipel te swees, is nie ‘n saak wat ligtelik opgeneem behoort te word nie.
Dit vereis totale oorgawe en toewyding aan Hom.
Om jou kruis te dra het ‘n hoë koste, en dit moet bereken word, verreken word in jou doen en late en dan tot openbaring kom in die manier waarop jy lewe. Om ‘n dissipel te wees behoort jou hoogste prioriteit te wees.
Die hoofgedagtes van die preek vandag: 1) Wat is ‘n dissipel? 2) Wat beteken dit om jou kruis te dra, en hoe bereken jy die koste daarvan? 3) Hierdie dinge is alleenlik moonlik deur Christrus se kruis