Algemene Inligting
Eredienstye
Oggenddiens (Heeljaar)
09:00
Aanddiens (Heeljaar)
17:30
Waar is ons?
Gereformeerde Kerk Waterkloofrand
Hv Lange & Dey Straat
Nieuw Muckleneuck
Pretoria
Ons funksionarisse
Besigtig alle funksionarisse van die Gereformeerde Kerk Waterkloofrand
Bestaansrede
Om tot eer van die Here, in afhanklikheid van Hom, in beide woord en daad, na buite en binne draers te wees, met die oog daarop om die Blye Boodskap uit te dra.
Gemeentegrense
Ons kerkgebou is op die hoek van Lange en Dey Straat in Nieuw Muckleneuck, Pretoria.
Die volgende woongebiede lê binne die gemeentegrense : Brooklyn-Suid, Nieuw-Mucleneuk, Waterkloof, Waterkloofrif, Waterkloofrifuitbreidings, Waterkloofhoogte, Waterkloofpark, Monumentpark (oos van R21 snelweg), Sterrewag, Erasmusrand, Erasmuskloof
Ons geskiedenis
Die Gereformeerde Kerk Waterkloofrand is in 1963 gestig. Die gemeente het afgestig vanaf die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn. In 1987 het die Gereformeerde Kerk Rietvallei afgestig, voor hierdie gebeurtenis het die aantal lidmate gegroei tot 978. Op die oomblik het die gemeente 514 lidmate waarvan 412 belydend en 102 dooplidmate is.
Kommissies van die Kerkraad (ouderlinge)
Om die verskillende take uit te voer en belangegroepe te verteenwoordig het die gemeente verskeie kommissies en werksgroepe. Kommissies van die kerkraad (ouderlinge) is die volgende: Bediening, Evangelisasie, Katkisasie en Liturgie. Die volgende kommissies val onder die Breë Kerkraad: Inisiërings- en Koördineringskommissie, Finansies, Eiendomme, Jeug en Mediakommissie. Ad hoc kommissies word van tyd tot tyd geskep om spesiale opdragte uit te voer.
Predikantbediensingskommissie
Sien om na die uitvoer van bedienings- en leerwerk deur die predikante en aflospredikante
Evangelisasiekommissie
Verskillende projekte geniet tans aandag
Katkisasiekommissie met die kategete
Liturgie Kommissie
Jeugkommissie met spesialisering in:
Laer- en Hoërskoolkinders, volwassejeug sowel as groepe (ongetroudes, getroudes sonder kinders, getroudes met kinders)
Diakonie
Die Diakonie verrig barmhartigheidswerk en tree in besonder op in die volgende terreine: Bystandsgevalle in die gemeente, barmhartigheidswerk buite die gemeente onder andere ander Gereformeerde gemeentes, bystand en ondersteuning aan senior lidmate en bemagtiging van ons gemeente se lidmate om barmhartigheidswerk te verrig.
’n Toerusting geleentheid vir die ampsdraers vind jaarliks plaas en word deur middel van die Predikant behartig.
Ouderdomsprofiel
Uit die 2024 ouderdomsprofiel blyk dat die verskillende ouderdomsgroepe goed verteenwoordig is:

Breë Kerkraad
Kommissies wat hier dienswerk verrig, is die volgende:
IK-Kommissie
Inisiërings en koördineringskommissie wat die meer sosiale aktiwiteite van die Gemeente
beplan en sorg dat dit uitgevoer word
Kommunikasiekommissie
Byna sonder uitsondering verskyn daar elke Sondag ’n uitgawe van die Gemeente se nuusbrief.
Finanskommissie
Eiendomskommissie
Ad-hoc Kommissies
Verskillende kommissies wat van tyd tot tyd opdragte uitvoer, bv ’n funksie om elke nuwe
jaar se aktiwiteite af te skop en af te sluit, ens. Detail oor die datums van hierdie aktiwiteite word in die Kalender aangedui.
Organisering van susters
Die susters van die gemeente se bestuur skakel met die Inisiërings-en Koördineringskommissie vir aksies wat die gemeente raak. Elke wyk het ’n wyksuster wat ingedeel is by een van die funksies wat vir die gemeente gedurende die jaar beplan word en die wyksuster verrig dan sekere take saam met die lidmate in haar wyk. Die gemeente geniet ook elke Sondag tee en koffie na die eredienste, en elke wyk word ingedeel om te help hiermee. Die susters reël die barmhartigheidswerk wat verrig word by die GKSA se twee President Krugerkinderhuise.
Bybelstudie
Daar bestaan verskeie Bybelstudie groepe waar lidmate betrokke is. Tydens hierdie samekomste word daar ’n onderwerp bespreek onder leiding van die predikant. Inligting, temas en werkswyses van die groepe word gereeld in die Waterkruik bekend gemaak.
