Skip to content
Menu

Die tema vir vanoggend 1 Oktober se erediens is: “Luister met onderskeiding in die bedeling van Christus se koningsheerskappy” en die Skriflesing is 1 Korintiërs 14:1 tot 3 en 1 Tessalonisense 5:12 tot 22. die teksvers is vers 19 van 1 Tessalonisense 5.

Ons moet dit wat verkondig word toets aan God se Woord en ook let op die doel van profesie en op die lewe van die verkondiger.

U vind die volledige preekskets deur op ons webwerf se voorblad te klik op “Sketse”

Ons sing vanoggend Lied 169:1, 2 en 3 uit die Liedboek van die Kerk (vooraf); Psalm 72:2 en 6; Psalm 9:1, 9 en 10 en Psalm 119:19,51 en 53.

Ons nooi u graag uit om deel te hê aan ons oudio-uitsending deur te klik op “oudio” op ons voorblad of vir die direkte video-uitsending op die pyltjie hieronder of op YouTube.