Skip to content
Menu

Vanaand, 5 November, se erediens word gerig op die Kersgebeure wat elke jaar op 25 Desember herdenk word.

Die volledige program vir vanaand vind u as u klik op “Aksies” op ons voorblad.

Die tema van die erediens is :”My Kers (Christus) verwagtings geslyp deur die Gees” en word behandel aan die hand van Lukas 2:25 tot 35 met vers 33 as teksvers.

Die Gees is die Een wat ons Kersverwagtings slyp en die Gees

  • verander die gerigtheid van my verwagtings
  • breek die grense van my verwagtings
  • en temper my verwagtings.

Tydens die erediens sing ons Lied 354:1 en 2 (“O Christus ons verlange”); Lied 344:1, 2 en 3 (“O die goeie tyding”) en Skrifberyming 1-2:1 en 3.

Aanduiding van die gemeente se bydrae aan die res van die program vind onder “Aksies” soos reeds aangedui.

U kan, indien dit tegnies moontlik gaan wees, na die hele program inkyk en u doen dit dan deur hieronder te klik op die driehoekie  of op YouTube.