Skip to content
Menu

Lees: Josua 1 Teksverse: 2,3 Sing: Psalm 135-1: 1,5,6,7; Psalm 50-1: 8,9,10,11; Psalm 119-1: 6,7; Psalm 105-1: 6,7,23,24.

Die Here kom sy beloftes op besondere maniere na

Die HERE roep en gebruik diensknegte om Sy beloftes na te kom; Hy gee rus vir sy volk, Hy verenig Sy kerk

Moses is dood. Die eerste generasie Israeliete het uitgesterf. Nou staan Israel op die oewer van die Jordaan en kyk vir die land Kanaan. Hierdie is ‘n land vol groot en sterk mense, ‘n land wat die Here vir hulle beloof het. Wat gaan met hulle gebeur? Wie gaan nou hulle lei? Hoe gaan die Here sy beloftes nakom?