Lees Efesiërs 3:14-1 <- Klik om nou te lees Teks: vers 18 Die Gees leer ons om saam Christus se onmeetlike liefde te begryp. Begrip van Christus se onmeetlike liefde is in elke omstandigheid nodig. Een van die bede wat Paulus vir die Efesiërs bid, is dat hulle Christus se liefde mag begryp. Die gelowiges daar in Efese het in die heidense stad en met hulle gemeente se omstandighede baie dinge nodig gehad. Die een ding waarsonder hulle egter nie as gelowiges sou kon voortgaan nie, is begrip van die liefde van Christus. Hierdie liefde van Christus is onmeetlik groot (vgl. “wyd”, “ver”, “hoog”, “diep”) en omvou die gelowige in elke omstandigheid. Die probleem is egter dat ons as gelowiges dikwels so min begryp van hierdie liefde. Daarom bid Paulus dat die gelowiges in staat sal wees om dit te begryp. Die Gees lei ons om saam die liefde van Christus te leer ken. Reeds in v. 16 het Paulus gebid dat die Gees die gelowiges innerlik sterk sal maak. Ook in sy bede dat die gelowiges die liefde van Christus moet ken, gaan dit oor iets wat die Heilige Gees in die gelowiges moet bewerk. Gelowiges moet volgens die bede in vers 18 “saam met al die gelowiges” die liefde van Christus begryp. Die Gees laat ons saam groei in ons begrip van Christus se liefde vir mekaar. Die Gees leer ons saam met mekaar hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde strek. In ons “saam met mekaar” leer die Gees ons: • die “altyd” van Christus se liefde,r • die “omvang” van sy liefde enr • die “doel” van sy liefde.