Skip to content
Menu

Liewe broeder en suster,

Onthou die Belofteveiling Saterdag,  19 Mei 2012.

Die verrigtinge begin om 18:00 hier in die Kerksaal met heerlike wyn en kaas en ander happies en die VEILING begin om
19:00. Daar is ‘n professionele afslaers wat die veiling gaan hanteer.

Dit beloof om ‘n heerlike funksie te wees en ons wil graag hê dat ALMAL in die gemeente dit moet bywoon en geniet.
Al wat u moet bring is u eie wyn en glas en ‘n beursie vol geld. Daar sal iets in elke prysklas beskikbaar wees. En as u niks het om te skenk nie of niks wil koop
nie, ‘n kontantbydrae vir die fondsinsameling is ook baie welkom.

Vir meer besonderhede, hou volgende week se Waterkruik dop of skakel:

Sandra Reynders 012 993 4413/ 082 788 2571