Skip to content
Menu

Sondag 27 Mei 2012 na die Erediens

Ons is dankbaar vir die geweldige positiewe reaksie wat van die gemeente ontvang is en daarom gaan ons voort met die funksie.

Die spyskaart bestaan uit: Skaapvleis (op die spit gebraai); bykos en slaai en nagereg! ; dit alles vir net R65 vir almal bo 12 en R30 vir 2 – 12jaar.

U moet asb. u eie eetgerei en drinkgoed saam bring. Tee en koffie is gratis. Daar is ook geleentheid om u ete saam te neem huis toe.

Die Diakonie wil graag sy dank en waardering uitspreek teenoor die wat reeds skenkings gemaak het. U ondersteuning word waardeer aangesien die fondse vir BARMHARTIGHEIDSDIENS aangewend sal word.