Die Gemeente het Saterdagaand 19 Mei ‘n uiters suksesvolle veiling van goedere en dienste wat deur gemeentelede geskenk is, gehou. Die fondse wat ingesamel is, is geoormerk vir verskillende aksies wat later vanjaar plaasvind.
Ons ingevoerde afslaer, Jan Beyers, het ‘n groot bydrae tot die sukses van die veiling gelewer en sy kwinkslae het die lidmate telkens laat skater van die lag.
Aangeheg is ‘n klompie foto’s wat die aand geneem is.
Via Flickr:
Gereformeerde Kerk Waterfloofrand Belofteveiling – 19 Mei 2012