Skip to content
Menu

2013 Ontbyt Jolyt

2013 Ontbyt Jolyt
Die IKK nooi almal hartlik uit na 2013 se afskopfunksie,die 2013 Ontbyt Jolyt!!

Wanneer? Saterdag 2 Februarie

Hoe laat?  Van 9:00 af. Ontbyt word om 10:00 bedien.
Waar?  In die Groenkloof Natuur Reservaat.

Die reservaat is die eerste historiese reservaat in Suid Afrika, en is reeds op 25 Februarie 1825 deur Pres. Paul Kruger as natuurreservaat geproklameer. Die hoofdoel vir die proklamasie vir die natuurreservaat was om die wild te beskerm. In 1950 het die reservaat die eiendom van die Pretoria Stadsraad geword. In 1999 is daar begin met die hervestiging van wild en op die oomblik is daar impalas, kudu’s, blou wildebeeste, volstruise, kameelperde, rooihartebeeste, zebra’s en duikertjies.

Koste: Die IKK bied ‘n vyfster ontbyt gratis aan. Daar sal varsgebakte eiers en spek wees, gebraaide wors (en pap vir die wat lus is vir pap en wors), gebraaide piesangs en ander lekkernye.

Toegang by die hek is R20 per persoon bo 60; R28 per volwassene, R20 vir jongmense 7 – 17 en R10 vir ons klein mensies onder 6.
Daar is pragtige staproetes, fietsry paadjies, en selfs perdryroetes. U kan bergfietse daar huur @R100. Die perdry kos R65 en daar is ook ponieritte vir kinders @R22.

Wat moet ek doen om saam te gaan?
Vul die strokie in die Waterkruik vandag nog in en gooi dit in die kollektesakkie of skakel Nienke by die kerkkantoor, enige tyd van die dag. 012 460 6925
Bring u eie eetgerei, drinkgoed, stoele en piekniekkombers. Daar sal ‘n paar stoele beskikbaar wees vir die wat nie stoele het nie.

Indien u vervoer benodig, skakel Nienke en sy sal vir jou vervoer reël. 012 460 6925.

Vir meer inligting, skakel Renier 082 410 0599 of Kobi 083 391 6973 van der Merwe.