Tydvlieg Kenmekaar
Onthou u nog so ver terug as 10 of 20 of 30 of 40 jaar gelede? Was dit toe u grys hare nog swart of donkerbruin was, of u kaal kop was nog ‘n welige bos hare, of u het nog nie ‘n bril gedra nie, of u het juis ‘n dikraam/-glas bril gedra voor die wonderlike laser-operasie, of u was nog maar ‘n uittand-leerdertjie, of ‘n baie aantreklike jong studentjie, of die mooiste bruid of bruidegom, of ‘n hippie(!) met lang hare, of u het ‘n aaklikge krimpelien-mini rok gedra, of u was sommer net ‘n vaal persoon? Ons soek daardie foto met een of twee sinnetjies van die omstandighede rondom daardie foto. U kan die foto(s) met die meegaande geskriffie(s) in ‘n koervert plaas en aan enige diaken gee. Die foto(s) sal geskandeer en aan u terugbesorg word. U kan ook self die foto skandeer en e-pos aan marjan.vanderwalt@gmail.com. Hou die plakkaatborde dop – van volgende maand af sal daar elke week ‘n nuwe foto opgesit word en die week daarna sal die geskriffie bygevoeg word.
Die kinders gaan hulle eie bord hê net soos verlede jaar. Hulle moet ‘n baba- of kleuter-foto gee wat ook weekliks opgesit gaan word.
Ons het nou al baie oulike fototjies gekry – ons sien uit na u almal se deelname!