Skip to content
Menu

Vandag (25 Augustus 2013) was weer ‘n besondere dag vir die lidmate van ons gemeente.

Eers was daar die nagmaaldiens waartydens ons geestelike versterking aan die nagmaaltafel ontvang het.

Daarna kon ‘n groot aantal van ons lidmate innerlik gevoed word met ‘n ete wat deur die diakens georganiseer en voorgesit is.Die diakonie wil die geld wat ingesamel is, gebruik om hul barmhartigheidswerk binne en buite die gemeente, met nuwe krag voort te sit. Ons is dankbaar vir die ywer wat hulle aan die dag lê.