Die Noordwes Universiteit (NWU) /Teologiese Universiteit Apeldoorn (in Nederland) studenteuitwisselingsprogram is die inisiatief van Proff Francois Viljoen (NWU), Jorrie Jordaan (NWU) en Eric Peels (TUA). Die program behels om tien teologiese student van elke instansie die geleentheid te gee om kennis te maak en bande te bou met ander Gereformeerde Teologiese student or landsgrense heen. Tydens 7 – 16 Januarie 2013 was ‘n drie dae konferensie by die Teologiese Skool in Apeldoorn aangebied en is opgevolg met ‘n Kerkhistoriese toer na ander plekke soos Dordrecht, Deventer, ens.
Die 2014 uitwisselingsprogram het reeds begin en duur vanaf 7 – 16 Januarie en behels ‘n 4 dae konferensie by die teologiese fakulteit in Potchefstroom en daarna ‘n opvoedkundige toer na o.a. Mukhanya, Voortrekkermonument, ens.
Hierdie studente oornag Maandag en Dinsdag by verskeie van ons lidmate .