Om u instaat te stel om u voor te berei op vandag se eredienste, gee ons graag die volgende besonderhede deur :
Vanoggend se Skriflesing is Jesaja 42 : 1 – 9 met as teksvers vers 1. Die tema is : “Loop getrou in die voetspore van die Kneg deur Wie ons knegte geword het.”
– Deur die Kneg het ons wat waarlik glo, knegte geword.
– Loop getrou in die spore van die Kneg.
Die volledige preekskets kan u lees deur op “Sketse” hierbo te klik.
Ons sing vanoggend Ps 29 vs 1,2 en 5; Skrifberyming 1 – 6 vs 1 en 3; Ps 98 vs 1 en 3 en Ps 34 vs 2,5 en 6
Vanaand se erediens het as tema “Verlostes sál spesifieke vrugte dra – daarvoor sorg die Een wat tot rower gemaak word.
Die Skriflesing is Markus 14 : 43 – 51 en die sang is Ps 1 : 1 en 4; Ps 25 : 4 en 5 (Omdigting) en Skrifberyming 2 – 4 : 1 en 3.
‘n Geseënde Sondag en ook week word u toegewens!