Skip to content
Menu

Al weet ons nie hoe nie, ons reken daarop dát God die oes gereed maak.
Wanneer die almagtige Koning se ryk kom, verwag ‘n mens “vuurwerke” maar al sien ons nie vuurwerke nie, is daar tog magtige dinge aan die gebeur.
Ons moet reken op die hemelse werke op aarde – onsigbare maar magtige werke!
Gelowiges ;
– “gooi” die saad in vertroue
– bemerk die onopsigtelike groei en verbly hulle
– wag die oesdag in.
Ons Skriflesing vir vanoggend (14 September) is Markus 4 : 26-34 met as teksvers vers 26.
Vooraf sing ons Ps.93 :1,2 en 5; en tydens die erediens Ps.84 : 2 en 5; Ps.19 : 4 en 5; Ps.134 ; 3 en 4 en Skrifberyming 2-2: 1 en 2.
Die volledige preekskets vind u deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Tydens die erediens word ‘n verbondskindjie gedoop!
Vanaand se nuus sal ons vertel dat ek die heilige God in vertroue kan nader. Die Skriflesing is Hebreërs 4 : 14 tot 5 :10.
Ons sing vanaand Ps.144 : 1 en 4; Ps.104 : 19,20 en 21; en Ps.34 : 7,8 en 9.