Skip to content
Menu

Luister na die Gees wanneer Hy jou op feite wys, laat besin en afleidings maak.
Ons Skriflesing vandag is Romeine 5 : 1-11.
Gehoorsaam dus die Gees wat God se liefde in jou hart uitgestort het.
Kry onder leiding van die Gees die feite van God se liefde onder oë, besin daaroor en maak afleidings.
Twee feite staan vas :
* Christus het vir ons gesterwe
* Ons is met God versoen.
U kan die volledige preekskets volg deur op “Sketse” bo-aan die voorblad te klik.
Ons sing vooraf Lied 151 : 1 en 2 en tydens die diens Ps. 36 : 2 en 3; Ps. 85 : 3 en 4 en Skrifberyming 4-1 : 1,2,3,5,6
U kan “inkyk” in die erediens deur op die internet by http://youtu.be/ptct63m1s0o in te skakel.

Vanaand se diens begin om 17.30 en sluit aan by die Kersprogram na die diens. Die tema is dan ook “Onder die sorg van die Bethlehem-Herder is ek genees van my minderwaardigheid” en daarvoor word Mattheus 2 gelees.
Ons sang is Lied 334 : 1,2,3 en 4; Skrifberyming 10-2 en ps.23 : 1 en 3 .
U kan “inkyk” in die erediens via die internet by http://youtu.be/VA_E7AUHC-8