Skip to content
Menu

Leef die nuwe jaar bewustelik onder God se regering. Hierdie onderwerp word tydens vanoggend 18 Januarie se erediens aan die hand van Daniël 7 bespreek.
Ons leef nie vanselfsprekend bewustelik onder God se heerskappy nie.
Om bewustelik onder God se regering te leef, onthou nuut en vars dat :
– die triomfantelike magte (met respek gesê) op God se hofrol is.
– ons (met respek gesê) ‘n besondere plek in God se sakelys inneem.
Die volledige preekskets kan u lees deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Ons sing vanoggend Ps 121 : 1,2 en 3 (omd); Ps 27 : 1, 3 en 6; Skrifberyming 7-2 : 1 en 2 en Ps 110-3 : 1, 2 en 3.
U kan “inkyk” in die erediens deur op YouTube op die voorblad te klik.

Vanaand se erediens het as tema “Vanweë die Here sal ek nooit weer dieselfde wees nie” en die Skriflesing is Hosea 14 en ons sing Ps 128 :1,2 en 3; Ps 49 :1,2 en 6 (omd) en Ps 25 :4 en 6