Daniël 8 wys ons daarop om ten spyte van drastiese teenstrydighede ons uitsig op die Hoof van die hemelse leer te behou.
In Daniël 8 lees ons dat die pragtige stad nie meer pragtig is nie . Ons lees ook dat die hemelse leër verslaan is en nog erger verneder sal word en dat die Hoof van die leër nêrens te sien is nie.
U kan die volledige preekskets lees deur op “Sketse” op die voorblad te klik en u kan Sondagoggend inkyk op die erediens deur op YouTube op die voorblad te klik.
Ons sing vanoggend voor die erediens die beryming van Romeine 14 en tydens die erediens Ps.36 : 2 en 3; Skrifberyming 12-2 ; 1,2,4 en 5 en Ps 18:13, 15 en 20