Skip to content
Menu

Die Skriflesing vanoggend is 2 Timoteus 1:1 tot 10 met vers 8 as teksvers.
Die aard van ons aanbidding eis openlike getuienis aan die Here.
Uit verskeie oorde is daar druk om ons vir die evangelie te skaam.
Juis die aard van ons aanbidding eis openlike getuienis.
* Aanbidding van die ware God is nie ‘n onlangse verskynsel nie.
* Dit is moontlik om die ware en heilige God met ‘n skoon gewete te aanbid.
* Aanbidding van die ware God is nie maar ‘n opwelling van ‘n gevoel nie.
Lees die volledige preekskets deur op “Sketse” op die voorblad te klik.
Ons sing vanoggend die volgende : Lied 159 : 1, 2 en 3; Ps.128 : 1 en 4; Ps 72 :2, 6 en 10 en Skrifberyming 15-7 : 2 en 5.
U kan die erediens volg deur op “oudio” of “video” te klik (of hieronder)