Bybelstudiegroep 2 (vergader om 10.15 in die Konsistorie) se studie op 23 Februarie gaan konsentreer op Johannes 4:1 tot 26.
Bybelstudiegroep 1 en die 18.30-groep behandel Eksodus 24, Markus 9:2 tot 8 en ook Markus 14:22 tot 24 met die klem op die volgende vrae :
a) Watter ooreenkomste sien jy tussen Eksodus 24 en Markus 9:2 tot 8 ?
b) Watter saakmakende aspekte ontbreek m.b.t. die gebeure met die verheerliking op die berg (Markus 9) wat wel in Eksodus 24 beskryf word (let op (a) Eksodus 24: 4 en 8 en ook (b) vers 11) ?
c) Hoe het Markus 14:22 tot 24 op die voorafgaande vergelyking betrekking ?